Hierdie nuwe weergawe van Opera-blaaier bied 'n hele nuwe stel verbeteringe wat jou blaaiervaring selfs vinniger en beter sal maak!
Opera 12.00 begin vinniger en laai bladsye vinniger, sodat jy in rekordtyd aanlyn kan wees. En omdat oortjies nou vinniger en slimmer laai, kan jy in 'n kits die program begin en weer afsluit.
Maak Opera jou eie, met 'n groot aantal nuwe temas. Verander hoe jou blaaier lyk, so dikwels as wat jy wil, met 'n enkele klik. Jy hoef dit nie eens te herbegin nie!
Met Opera 12.00 kan jou gunsteling-webwerwe nou jou rekenaar se webkamera gebruik sodat jy foto's in 'n kits kan neem en dit aanlyn kan deel.
Van die ander verbeteringe aan Opera 12.00 sluit in HTML5 se sleep-en-los-vermoëns, 64-bis-steun, beter steun vir regs-na-links-tale, en minder kans op probleme.
Besoek gerus What's new vir meer inligting oor hierdie nuwe weergawe.
Klik op hierdie skakel om Opera 12.00 af te laai: Opera 12.00